Ek is VRY!
Moenie rou oor my, want ek is vry.
Ek volg die weg deur God vir my berei
My hand het God geneem toe Hy my roep;
Het my rug gekeer op die węreld se goed
Ek kon nie langer bly om te lag, te werk
te speel of lief te hę...Take ongedaan
moet nou maar agterwee staan,
want die hemel het vir my oopgegaan.
As my skeiding 'n leemte laat
vul dit met mooi herinneringe:
'n dierbare meisie, ouers, vriende en familie
Dankie, ons sien mekaar weer.
Miskien was my tyd hier kort,
maar moenie dit uitrek met pyn oor my.
Lig jou gemoed en deel hierdie gedagte met my:
God Drie - Enig wou my nou gehaat het;! en Hy het my bevry
|