About Emile

03/09/09

Home
Up
Leadership
Emile se gunsteling sęgoed
Christo Krugel
Ma se brief

 

 

Net voordat Emile Stellenbosch toe is die begin van 2009, het hy 'n brief in een van sy ma se Bybels (wat sy nie so baie gelees het nie) gesit . Op haar verjaarsdag bel hy haar toe en vertel van die brief.

Hier is dit:

 

Woorde kan nie beskryf hoe dit voel om nie by of selfs naby ma te wees op ma se verjaarsdag nie! Die trek is vrek moeilik, maar ek weet dis wat ek moet doen.

Van st7 af is ek al basies yt male se huis yt, maar vir een of ander rede voel hierdie trek erger as enige van die voriges. Om male vir 'n hele jaar amper nie te sien nie het 'n pyn in my bors in gevestig wat ek nie geweet het bestaan nie.

Ek is jaloers op enige iemand wat naby mamma is op hierdie dag en deur die loop van die jaar! Baie dankie vir die wonderlike 21jaar van liefde en waardering wat ek van male ontvang het, en weet asb dat ek elke sekonde van elke dag aan male sal dink en elke aand vir male sal bid...

Ek hoop ma het een awesome dag, en dat pappa ma deur die ore sal bederf!

Eks lief vir ma met alles in my hart en dankie vir alles wat male vir my gedoen het en meeste van alles dat male nooit opgegee het op my nie, maak nie saak watse nonsens ek aangejaag het off hoeveel jare ek gemors het nie!

Ek mis ma ongelooflik baie!!!!

Emile die Ducati Maartens

 

 

 

 

 

Home | Leadership | Emile se gunsteling sęgoed | Christo Krugel | Ma se brief

This site was last updated 02/13/09